Mamba - ‘n Roman

by Pieter Henning

Published by Woodrock Publishing

 Mamba is ‘n spanningsverhaal wat afspeel op ’n afgeleë plaas in Limpopo se Waterberg-distrik.

Adriaan Botha is angstig oor misdaad in Suid-Afrika en moedeloos oor sy loopbaan as argitek. Hy besluit om die land te verlaat, maar stel sy plan uit om eers ʼn belangrike projek te voltooi. Terwyl hy daarmee besig is, erf hy uit die bloute ’n plaas by sy oupa wat hy nooit geken het nie. Hy sukkel nog om dié nuus te verwerk, toe ’n insident met die kliënt se vrou hom dwing om die stad inderhaas te verlaat. Vergesel deur sy geliefde hond gaan skuil hy op die plaas.

Onderwyl Adriaan wag vir die stof om te gaan lê, wik en weeg hy om die plaas te verkoop – hy is immers oppad landuit! Maar spoedig raak hy al vaster verstrik deur ’n sameloop van gebeure. Alles begin toe hy ‘n reuse-swartmamba in die veld raakloop, want wat daarna gebeur, is ‘n tuimeltreinrit vol interessante karakters en onverwagse gebeure.

As hy maar net vroeër rigting gekry het! Hoe de hel gaan hy lewend hier uitkom?

Mamba